Your Recipe Blog

SJOKOLADE MALVAPOEDING MET SJOKOLADEBLOKKIES

Cook: ± 40 minute

SJOKOLADE MALVAPOEDING MET SJOKOLADEBLOKKIES 

  • Beslag:
  • 1 ekstra groot eier
  • 1 koppie suiker
  • 1 eetlepel appelkooskonfyt
  • 1¼ koppie koekmeel
  • knippie sout
  • 1 teelepel koeksoda
  • ¼ teelepel bakpoeier
  • 50 ml kakao
  • 1 eetlepel botter, gesmelt en met 1 eetlepel asyn gemeng
  • 1 koppie melk
  • 1 blok donker sjokolade, in blokkies gekap
  • Stroop:
  • 100 ml suiker
  • 1 koppie melk
  • knippie  gemengde speserye (mixed spice)
  • 25 ml karamel melkskommelstroop

Klits die eier, suiker en appelkooskonfyt saam.  Sif die meel, sout, koeksoda, bakpoeier en kakao saam in ‘n aparte bak. Voeg die melk en die droë bestanddele om die beurt by die eiermengsel en meng deur.  Voeg die botter en asyn by en meng goed.  Voeg die gekapte sjokoladeblokkies by en meng deur. Giet die beslag in ‘n gesmeerde pan en bak teen 180 ºC vir 40 minute of tot gaar.

Kook die stroopbestanddele saam tot die suiker opgelos is en skep die warm stroop oor die poeding sodra dit uit die oond gehaal word.
Bedien met vla of styfgeklopte room.

Nota:
Plaas styfgeklopte room bo-op net voor opdiening.

Resep en foto:  Juliana Schoeman

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page