Your Recipe Blog

SJOKOLADE KOEKSISTERS

SJOKOLADE KOEKSISTERS

  • Stroop:
  • 4 groot koppies suiker
  • 2 groot koppies water
  • ½ teelepel kremetart
  • 2 eetlepels kakao
  • Deeg:
  • 4 koppies koekmeel
  • 2 eetlepels bakpoeier
  • melk
  • 2 eetlepels botter
  • ½ teelepel sout

Kook suiker, kakao en water saam vir 7 min. Voeg kremetart by en laat oornag afkoel.
Vryf botter met vingers in die meel, bakpoeier en sout in. Voeg melk by. Meng goed en rol uit.
Sny in vingers, vleg die deeg net genoeg op ‘n slag om dadelik te bak in redelike warm olie, sodra uit die olie gehaal word, plaas in koue stroop.
Dompel paar keer en pak op draad rakkie vir die stroop om af te drup.

Nota:
Hou die ander deeg onder ‘n klam doek terwyl jy die gevlegtes bak.

Resep en foto: Michelle Ludick

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page