Your Recipe Blog

SJOKOLADE KOEK MET IDEAL MELK

Avatar photo
Recipe by
Cook: 30 - 40 min

SJOKOLADE KOEK MET IDEAL MELK

  • Beslag:
  • Sif die volgende saam:
  • 1 koppie koekmeel
  • 1 koppie strooisuiker of suiker
  • 2 teelepels bakpoeier
  • 1/2 teelepel sout
  • Klits saam:
  • 4 eiergele
  • 1/2 koppie olie
  • Meng saam:
  • 1/2 koppie kookwater
  • 1/2 koppie kakao

Voeg die kakaomengsel by die eiergeelmengsel.
Maak ‘n holte in die meelmengsel en giet die kakao~eiermengsel by die meelmengsel in.
Meng goed tot die suiker opgelos is.
Klits die eierwitte styf en vou in by die mengsel, moenie teveel klits nie, net invou.

Giet in voorbereide bak of koekpan en bak vir 30-40 minute by 180°C.
Maak die volgende stroop terwyl die koek in die oond is.

  • Stroop:
  • 1 blik idealmelk (gebruik 3/4 blikkie vir die stroop)
  • 1 koppie suiker
  • 2,5 ml vanielje geursel

Kook saam tot suiker opgelos is.   Giet stroop oor die warm koek wanneer hy uit die oond kom.

  • Versiering:
  • 1/4 blikkie ideal melk
  • 100 gram slab neutsjokolade of enige van jou keuse

Smelt sjokolade saam met ideal melk op die stoof en lae hitte en giet oor koek wanneer die koek heeltemal afgekoel het.

Resep geplaas deur Jana Prinsloo
Foto:  Nikki Laubscher

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page