Your Recipe Blog

SJOKOLADE KARAMELSTAFIES

Avatar photo
Recipe by
Cook: 20 - 25 min. baking + 5 min. cooking

SJOKOLADE KARAMELSTAFIES

Nou gemaak, sjokolade karamelstafies. Hierdie ook bekend as Millionaires Shortbread!

  • Basis:
  • 160 g sagte botter
  • 150 ml strooisuiker
  • 375 ml koekmeel, gesif
  • 25 ml melk
  • 5 ml vanilla
  • Vulsel:
  • 125 g botter
  • 150 ml sagte bruinsuiker
  • 397 g (1 blikkie) kondensmelk
  • Bolaag:
  • 300 g donker sjokolade

Voorverhit oond tot 180 ºC . Voer bodem van ‘n vierkantige 20 cm koekpan met bakpapier uit en spuit rand van pan liggies met kleefwerende middel.

Basis:
Klits botter en strooisuiker saam tot lig van kleur en romerig.
Klits melk en vanielje by en laastens die meel.
Druk degie in bereide pan en bak vir sowat 20 – 25 minute en tot goudbruin bo-op en laat afkoel.

Vulsel:
Plaas al die bestanddele van die vulsel in ‘n middelslag kastrol en roer oor matige temperatuur om al die suiker op te los.
Bring tot kookpunt en prut vir 5 minute sonder ‘n deksel terwyl heeltyd geroer word en totdat mengsel verdik en ‘n karamelkleur verkry.
Giet warm karamel oor afgekoelde kors en laat afkoel.

Bolaag:
Smelt sjokolade en smeer bo-oor karamel. Laat eenkant om heeltemal te stol en sny daarna in stafies.

Foto: Petro van Genderen

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page