Your Recipe Blog

SJOKOLADE FUDGE IN DIE MIKROGOLF

SJOKOLADE FUDGE IN DIE MIKROGOLF

Ek het toe die sjokolade fudge gemaak soos wat ons oor gepraat het. Ek het net bietjie karamel geursel ingesit. Dit is heeeeerlik!! Proe nie regtig soos fudge nie, maar wel soos wat die naam sê: Sjokoladefudge. Ek het dit bo op gedruk met my fondant quilt drukker. So terloops: ek het toe my slab sjokolade gesmelt, dit dun gesmeer op waspapier en toe dit droog was, het ek dit in klein stukkies gebreek en kon toe gemaklik die 3 koppies af meet.

  • 1 blikkie kondensmelk
  • 3 koppies sjokolade stukkies
  • 1 teelepel karamelgeursel

Meng die sjokolade stukkies met die kondensmelk en smelt in mikrogolf vir so 1 min, roer.
As dit nog te koud is, sit nog 30 sekondes in – roer na elke 30 sekondes –  moenie te warm maak nie.
Roer tot sjokolade gesmelt is. Druk foil plat in ‘n bak. Smeer die beslag op die foil en laat afkoel.
Keer uit wanneer afgekoel, trek die foil af, sny in blokkies en siedaar!!

Foto en resep geplaas deur Adri Liebenberg

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page