Your Recipe Blog

SJOKOLADE- EN KOFFIEPOEDING

Recipe by
Cook: 30 min | Servings: 6 porsies

SJOKOLADE- EN KOFFIEPOEDING

Baie lekker poeding, warm en koud,
Vars aarbeie en vanilla roomys breek die erg soet so bietjie.
Ek het opgebreekte “cashew brittle” in die beslag gesit en bietjie bo op vir ‘n bietjie “crunch”, maar dit is opsioneel.
Ek’t dit Saterdagaand gebak en Sondagmiddag weer in die oond verhit voor bediening.
Hierdie is ’n treffer – goedkoop en floploos. Jy kan dit net so maklik in ’n swartpot maak as jy weggaan.

  • ¾ koppie suiker
  • 1 koppie koekmeel
  • ½ koppie onversoete kakoapoeier
  • 2 teelepels bakpoeier
  • ½ teelepel sout
  • ½ koppie melk
  • ⅓ koppie botter, gesmelt
  • Bolaag:
  • ¾ koppie witsuiker
  • ¼ koppie bruinsuiker
  • ¼ koppie onversoete kakao-poeier
  • knippie sout
  • 1 teelepel vanilla geursel
  • 2 koppies sterk koffie, kokend
  • handvol brittle, gebreek en na smaak

Smeer ’n 22 x 22 cm oondbak of ’n platboompot met botter.
Voorverhit die oond tot 180 ºC.
Meng die suiker, koekmeel, kakao, bakpoeier en sout saam in ’n mengbak.
Roer die melk en gesmelte botter daarby tot gekombineer en skep die mengsel uit in die voorbereide bak of pot.
Sprinkel die droë bestanddele vir die bo-laag in volgorde (eers die suiker, dan die bruinsuiker, gevolg deur die kakaopoeier en die knippie sout) oor die beslag.
Meng die vanilla en koffie en giet die kokende koffiemengssel stadig oor die agterkant van ’n houtlepel oor die poeding. Sprinkel die brittle oor indien gebruik.
Moenie die poeding enigsins roer nie.
Bak oop in die oond, of in ’n pot oor matige kole met ’n paar kooltjies op die deksel, vir 30 minute.
Die middel van die poeding moet nie heeltemal gestol wees nie.
Bedien warm met roomys of vla.

Resep en foto : Jeni Tait

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page