SJOKOLADE CREMEUX
“Dekadent en geil! Die foto is ‘n illustrasie van hoe om die resep te benut. Dit “pipe” wonderlik.”
- 4 ekstragroot eiers, geklits (220 g)
- 300 g room
- 300 g volroom melk
- 1 teelepel goeie koffiepoeier, opsioneel
- 15 g suiker
- knippie sout
- 400 g donker sjokolade (54% opwaarts)
Verhit die eiers, room, melk, suiker (en koffiepoeier) en sout saam in ‘n dubbelkoker oor ‘n pot pruttende water.
Roer heeltyd met ‘n draadklitser tot 75 ºC op die termometer.
Giet die warm mengsel oor die sjokolade en laat staan vir twee minute.
Roer vanuit die middel tot jy ‘n homogene mengsel verkry.
Giet twee maal deur ‘n sif.
Giet die mengsel in ‘n bak en bedek die oppervlak met plastiek.
Koel af en sit in die yskas vir ten minste ses ure.
Dit is ‘n heerlike koekvulsel of versiersel, maar dit hou nie van hitte nie.
Resep en foto: Frikkie Jones