SJOKOLADE, RISSIE, KOFFIE EN COKE BEESSTERT
Voorbereiding (hoeveelhede soos verkies)
Rol beesstert stukke in gegeurde koekmeel en braai bruin in bietjie olie, skep uit en hou eenkant.
Braai uie in kwarte of klein ronde uitjies in dieselfde pan tot mooi gekleur.
Groentes redelik sag gekook in beefstock, eg. aartappels, baby marrows, wortels, klein mielietjies ens.
- Pak die volgende in ‘n groot pot: (hoeveelhede soos verkies)
- gesnipperde sampioene
- bogenoemde beesstert
- bogenoemde uie
- grof gesnyde tamaties
- heel koffel huisies
- Voeg by:
- 1 bottel Steers Monkey Gland sous
- 2 blikkies coke
- 2 koppies sterk swart koffie waarin ek so 4 blokkies donker sjokolade gesmelt het
- 1 heel rooi vars rissie
Sit deksel op en plaas in die oond op so 160°C vir 2 uur.
Sit die voorbereide groente saam met die beesstert in vir nog ‘n half uur in oond.
Gooi aangemaakte pakkie bruin uiesoppoeier wat aangemaak is met bietjie water oor en laat net deurkook om sous bietjie te verdik!
Resep en foto: Gigi Robinson