Your Recipe Blog

SJOKOLADE BROOD

Avatar photo
Recipe by
Cook: 35 - 40 minute

SJOKOLADE BROOD

Ek het die sjokolade brood gebak en is baaaaie lekker, ek’t dit sommer soos koek geëet.

  • 3 koppies koekmeel
  • 1 ½ teelepel kakaopoeier
  • 1 ½ teelepel sout
  • 15 g vars gis
  • 1 koppie louwarm water
  • 2 eetlepels strooisuiker
  • 2 eetlepel saggemaakte botter
  • 75 g gekerfde bruin sjokolade
  • gesmelte botter om te smeer

In ‘n groot mengbak sif die meel, kakao en sout saam. Roer die suiker in. Maak ‘n holte in die meel.
Meng die gis met 60 ml water, voeg dit in die holte en voeg die res by en meng tot ‘n deeg.
Knie die botter in op ‘n meel oppervlak tot ‘n egalige en gladde elastiese deeg.
Plaas die deeg in ‘n liggies geoliede bak en bedek met ‘n kleefplastiek wat gespuit is en bedek met ‘n doek en plaas op ‘n warm plekkie en laat rys vir ‘n uur tot dubbel die groote.
Keer dan uit op ‘n meel area en knie liggies af en voeg die sjokolade by. Knie liggies in.
Bedek met ‘n plastiek lagie en bedek met ‘n doek en laat rys op ‘n warm plekkie vir 45 min.
Bak dan in ‘n voorverhitte oond op 220 ºC vir 10 min.
Verlaag die hitte tot 190°C en bak vir ‘n verdere 25 tot 30 min.
Smeer met gesmelte botter en laat afkoel.

Resep en foto: Gideon Louw

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page