Your Recipe Blog

SJOKOLADE ANZAC KARAMELSKYF

Recipe by
Cook: 25 minute

SJOKOLADE ANZAC KARAMELSKYF

“Hierdie is ‘n resep vir ‘n tipiese NZ slice, maar in enige land sal dit heerlik smaak! Die kinders kan help, en dis baie maklik om te maak en ‘n klein stukkie gaan baie vêr. ‘Chocolate Anzac caramel slice’… regtig heerlik.”

  • 2 koppies koekmeel
  • 2 koppies hawermout
  • 1 koppie klapper
  • ⅓ koppie kakao
  • 2 koppies suiker
  • 250 g botter/kunsbotter
  • 4 eetlepels gouestroop
  • 2 eetlepels water
  • 1 teelepel koeksoda
  • Karamellaag:
  • 1 blik kondensmelk
  • 60 g botter/kunsbotter
  • 2 eetlepels goustroop
  • Skokolade bolaag:
  • ½ koppie donkersjokolade, gekap
  • 1 eetlepel canola-olie

Meng meel, hawermout, klapper, suiker en kakao goed saam.
Smelt botter in ‘n pot, voeg stroop, water en koeksoda by. Roer by droë bestanddele.
Druk ⅔ van die mengsel in ‘n oondpan, uitgevoer met bakpapier.
Vir die karamel, kook kondensmelk, stroop en botter vir agt minute saam.
Skep bo-oor beslag in die pan.
Krummel die laaste ⅓ van die mengsel bo-oor en bak by 170 °C vir 25 minute.
Smelt sjokolade en olie saam en bedruip oor afgekoelde skyf.
Sny in stukkies en steek vêr weg van die soettande!!!

Resep en foto:  Ilze Garbers Jacobs

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page