Your Recipe Blog

SITRUS HOENDERMASALA

Avatar photo
Recipe by
Cook: 1 uur 15 minute

SITRUS HOENDERMASALA

  • 6 hoenderdye
  • 30 ml olyfolie
  • 30 ml hoendermasala speserye
  • 10 ml droë rissievlokkies, fyn gedruk
  • 2 knoffelhuisies, gepars
  • sout en gemaalde swartpeper
  • 1 suurlemoen, in skywe gesny
  • 1 lemoen, in skywe gesny
  • 16 g botter
  • paar tiemie takkies

Verhit die oond op 180°C op bak en rooster.
Meng die olie, speserye en knoffel in ‘n bak en smeer die hoender deeglik in daarmee.
Plaas onbedek in die yskas vir ten minste 20 minute of tot voor gebruik.
Plaas die lemoen skywe onder in die oondbak met die hoender stukke bo-op.
Plaas die suurlemoen skywe tussen die hoenderstukke met ‘n paar tiemie takkies.
Bak onbedek vir 1 uur 15 minute.
Plaas’n klontjie botter (2.5 g) op elke dytjie halfpad deur die bak proses.

Resep en foto: Johan Rossouw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page