Your Recipe Blog

SIMBA MEKSIKAANSE RISSIEKOEKIES MET FETABOTTER

| Servings: Ongeveer 40 Salticraxgrootte

SIMBA MEKSIKAANSE RISSIEKOEKIES MET FETABOTTER

Ek geniet dit saam met my eie kumkwartkonfyt en Fetabotter.

  • 200 g gerookte Kasselshoop Cheddarkaas, fyn gerasper
  • 150 g koekmeel
  • 100 g botter
  • 1 eier
  • 125 g Simba Meksikaanse rissieskyfies
  • 1 teelepel braaivleisspeserye

Voorverhit oond tot 180°C.
Room botter en eier.
Voeg die gerasperde kaas by.
Maak skyfies fyn in voedselverwerker en meng met meel en speserye.
Voeg alles saam en meng goed.
Voer ‘n bakplaat uit met bakpapier.
Knyp balletjies van omtrent 40 g af, rol in jou handpalm en druk plat op bakplaat.

Bak in die oond vir 15 tot 20 minute tot koekies bruin word, maak oond deur oop, bring hitte af na 100°C, en los die pan in die oond vir nog so 15 minute tot uitgedroog met die oond deur ‘n skrefie oop.

  • Fetabotter (eie hoeveelhede)
  • Stork margarine
  • fyn fetakaas

Meng margarien en Fetakaas goed saam.
Lewer omtrent 40 Salticrax-grootte koekies, maar is bietjie dikker.

Resep en foto’s:  Cecilia Strydom

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page