Your Recipe Blog

(SHORTBREAD) BROSBROOD HARTJIES

Avatar photo
Recipe by
Cook: 20 - 25 minute | Servings: ongeveer 70 koekies

(SHORTBREAD) BROSBROOD HARTJIES

  • 500 g botter, sag
  • 250 g strooisuiker, ekstra om te bedek
  • 600 g koekmeel
  • 100 g Maizena

Verroom suiker en botter tot lig en roomerig.
Sif meel en Maizena 3 keer saam.
Werk die droë bestanddele en botter saam tot sagte deeg.
Rol deeg so 5 mm dik uit en druk uit.
Bak teen 140°C vir 20 – 25 min.
Laat afkoel en rol in ekstra strooisuiker.

Nota:
Baie belangrik, nooit tot bruin nie.
Ook nie margarien nie, dit werk net nie.

Foto en resep: Linda Wessels
Tweede foto:  Elsabie Templeton
Ek hou nie daarvan om kos (en in hierdie geval eetbare blommetjies) weg te gooi. Hierdie het oorgebly na Mamma se 80ste verjaarsdag die naweek. Ek besluit toe om hulle te pars vir 24 uur en op my brosbrood koekies te bak. Perfek gewerk met hierdie resep.
Derde foto:  Chantál Fourie
Die Brosbrood Hartjies mengsel probeer en gepersde blomme en kruie na die tyd opgesit met eierwit. 😍👌🏻
Ver van perfek af, maar dink nie te sleg vir ‘n eerste keer maak nie.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5