Your Recipe Blog

SEWE LAGIE SLAAI

SEWE LAGIE SLAAI

Foto:  Ria Tolken

  • 1 blaarslaai, gewas en gebreek
  • 1 ui, in ringe gesny
  • 1 pak gebraaide spekvleis
  • 1 pak grof gekerfde sampioene
  • 1 koppie murgpampoentjies, in ringe gesny
  • 1 koppie cheddarkaas, in blokkies gesny
  • 250 g ontdooide ertjies
  • klein kersie tamaties vir kleur, opsioneel
  • dun gesnyde gekookte eier, mooi teen die kante van die bak om dit mooi te laat lyk, opsioneel
  • mayonnaise
  • 1 koppie gerasperde kaas vir bo-oor
  • Neem ‘n mooi glasbak met hoë kante, sodat mens elke laag kan sien.
  • Pak alles in lae tot die bak vol is.
  • Sit ‘n dik laag mayonnaise of Miracle Whip heel bo-op een sprinkel die gerasperde kaas bo-oor.
  • Stukkies gebraaide spek kan ook bo-op gesprinkel word indien verkies.
  • Maak die slaai toe met kleefplastiek en laat oornag in die yskas staan.
  • Soos die mense opskep, gaan die mayonnaise deur die hele bak slaai.

Dis is heerlik!

 

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page