SEWE-BLIKKIES-SOP
“Ek het gedink dat ek dié resep wil deel, want die bestanddele leef in die kas totdat mens hulle benodig – en dis goedkoop en vullend! Seker die maklikste sop wat ek nog ooit gemaak het…ek het die oorspronklike resep effens aangepas. Heerlik vir ‘n koue aand – en reg in 20 minute.”
- 2 blikke gekapte tamaties (geur van jou keuse)
- 1 blik sousboontjies
- 1 blik swartboontjies (kidney/black beans)
- 1 blik vierbone mengsel
- 1 blik pitmielies
- 1 blik maalvleis (die ekwivalente hoeveelheid van een van die blikke)
- 250 g geprosesseerde kaas, in blokke gesny
- sout en peper na smaak
Plaas al die bestanddele van die blikkies (vloeistof ook) en kaas in ‘n pot.
Kook oor medium hitte vir 15 minute totdat kaas gesmelt is en sop deurwarm is.
Maak fyn met ‘n handmenger. Voeg sout en peper by, en bedien met bietjie room en vars pietersielie.
Indien sop baie dik is, kan dit met water of beesvleisekstrak verdun word, en net weer goed deurgekook word.
Resep geplaas deur: Ilze Jacobs
Foto: Ilze Jacobs