SESAME HOENDERGEREG
- Sous:
- ¼ koppie soya sous
- 2 eetlepels bruinsuiker
- fyn gerasperde skil van 1 klein lemoen en sap van die lemoen
- 2 eetlepels asyn
- 3 eetlepels soetrissie sous
- ½ teelepel fyn gemmer
- 1 knoffelhuisie, gekap
- 1 eetlepel koue water
- 1 eetlepel Maizena
- sout en peper na smaak
- 2 eetlepels geroosterde sesamesaad
- koljanderblare vir garnering
- Hoender:
- 4 hoenderbors filette in blokkies gesny
- ½ koppie Maizena
- olie vir braai
Sous:
Meng alles tot by knoffel saam in ‘n pot.
Prut so 5 min tot suiker gesmelt is.
Meng water en Maizena en roer by.
Geur met sout en peper.
Voeg die helfte van die sesamesaad by en prut tot stroperig en effens verdik.
Vleis:
Meng vleisblokkies en Maizena, stof af en braai in olie tot ligbruin.
Moenie die pan te vol maak nie, braai in sarsies.
Dreineer op kombuispapier, doen al die hoenderstukkies en meng met die sous.
Strooi res van sesamesaad oor en garneer met koljanderblare.
Bedien met rys of rysnoedels. (Jy kan kroek met 2 min noodles.)
NJAMM!
Resep en foto: Stef Conradie