“SELF SOUS” BOTTERKARAMEL POEDING
Dit is nie ‘n groot poeding nie, ek sou sê 4 porsies, baie lekker, ek het dit met versoeter en heuning gemaak, probeer hom gerus, baie lekker vir die koue wintersaande!
- Deeg:
- 1 koppie bruismeel
- ¾ koppie strooisuiker
- knippie sout
- 1 eier
- 2 eetlepels botter
- ½ koppie melk
- 1 eetlepel goue stroop
- 1 teelepel karamel of vanilla geursel
- Stroop:
- 2 eetlepels stroop
- 1 eetlepel botter
- 500 ml kookwater
Voorvehit die oond tot 180 ºC.
Meng alle droë bestanddele. Vryf botter in tot dit lyk soos broodkrummels.
Meng melk, stroop en eier en voeg by droë bestanddele.
Meng deur en skep beslag in ‘n oondbak.
Maak sous as volg:
Meng goue stroop en botter met die kookwater.
Gooi versigtig oor die agterkant van ‘n lepel oor die beslag versprei oor die hele poeding.
Bak in oond vir 35 minute.
Bedien met roomys of room.
Resep geplaas deur Rina Kleinhans
Foto: Rina Kleinhans