SEAN SE “POTATO BAKE” BROODJIE
Sean aan die woord: “Die maklike broodjie gaan vanaand oond toe. My skoonnig se resep met ‘n effense twist.”
- 500 g bruismeel
- 500 g karringmelk
- pakkie “potato bake” poeier, geur van jou keuse; my voorkeur is ‘creamy Cheddar’
- 1 medium tot groot ui – grootte na smaak, opgekap
- botter vir braai
- knoffel, opsioneel en na smaak
Braai uie in botter tot deurskynend en voeg dit by die ander bestanddele. Meng goed deur.
Sit in een groot broodpan of deel in twee klein panne.
Bak teen 180 °C tot deurgaar ongeveer 1 uur. Behoort nie langer as ‘n uur te neem nie.
Gasoond is vinniger; hou maar dop.
Resep en foto: Sean O’Brian