SARIE SE ONTBYTGEREG
- ½ rooi soetrissie, in blokkies gesny
- ½ groen soetrissie, in blokkies gesny
- ½ geel soetrissie, in blokkies gesny
- ½ ui, fyn gekap
- fyngedrukte knoffel, na smaak
- 1 eetlepel origanum
- 1 teelepel growwe sout
- 1eetlepel roosmaryn
- 15 ml gemaalde swartpepper
- 1 groot eetlepel gedroogde pietersielie of vars
- Ekstra:
- olyfolie om die hele mengsel te bedek nadat dit in die bottel geskep is
- 1 medium tamatie, in blokkies gesny
Meng al die bestanddele goed saam en sit in groot glasbottel, vul nou op met olyfolie tot bedek en seël.
Bere die mengsel in die yskas tot benodig.
Plaas 100 ml van die mengsel in ‘n pan en braai tot mooi sag. Die res van die mengsel bly in die yskas vir volgende keer se gebruik.
Voeg die tamatie by en bak tot tamatie gaar is.
Breek twee tot 3 eiers mooi oop bo-op die warm mengsel in die pan, sprinkel sout en pepper na smaak (ek sit nog ‘n bietjie swartpepper op). Sit ‘n deksel op die pan, verlaag die hitte en maak eiers gaar soos verkies. Ons hou van ‘n sagte geel.
Sny 2 snytjies ciabattia broodjies. Sit eiers bo-op die broodjies saam met van die mengsel en geniet.
Resep en foto: Sarie Greyvenstein