Your Recipe Blog

SARATOGA TERT

Avatar photo
Recipe by
Cook: 30 min.

SARATOGA TERT

Rond gespeel met ‘n ou bekende. Die vorm van ‘n Saratoga tert so bietjie aangepas en toe met styfgeklitste room bedek. Daarna sjokolade gesmelt en strepies gespuit. Die groen blaartjies is gekleurde wit sjokolade wat op die agterkant van gewaste roosblare geverf is.

  • 3 eierwitte
  • 1 teelepels bakpoeier
  • 1 koppie suiker
  • 14 cream crackers

Klits die eierwitte tot amper styf. Voeg die suiker by en klop tot styf.
Meng die grof gebreekte cream crackers met die eiermengsel.
Vou die bakpoeier in en voeg vanilla by.
Op bakpoeier trek 2 sirkels, kleintjie binne-in ‘n groter een, spuit die bakpapier.
Skep nou die mengsel tussen die twee sirkels om ‘n ring te vorm.
Bak teen 100°C op “fan bake” vir 30 minute.

Nota:
Jy kan dié so 2 dae voor die tyd al bak, maak net goed toe.
So paar uur voor opdiening klits room styf en smeer oor die hele ring.
Gebruik van die room wat oor is om blare en kersies mee “vas te plak”.

Sjokolade blare:
Smelt 2 blokkies wit sjokolade in die mikrogolf. Kleur met 1 druppel groen voedselkleursel.
Gebruik ‘n verfkwassie om die sjokolade agterop ‘n gewaste, droë roosblaar te verf.
Plaas geverfde blare in die yskas. Wanneer die sjokolade gestol het, kan jy die regte blaar versigtig aftrek.
Maak seker die sjokolade is dik genoeg gesmeer, anders breek dit maklik.
Gebruik rooi kersies saam met die blaartjies.

Resep en foto: Marné van der Ryst

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page