Your Recipe Blog

SAPPIGE KOFFIE HOENDERSTUKKE

SAPPIGE KOFFIE HOENDERSTUKKE

Toe ek resep gekry het, het ek gedog… eeeuuhhww koffie oor hoender, nee jig. Maar ek was vrek nuuskierig. Heerlik. Gereelde vinnige lekker hoender in ons huis nou. En almal dink jy het vreeslik lank gestaan en kook.

  • 3 opgehoopte eetlepels koffie
  • 2 liter kook water
  • 5 eetlepels Xylitol (of gewone suiker)
  • bietjie vars room
  • 18 stukkies gebraaide hoender
  • knippie pienk sout

Kook water en maak die koffie aan met room en suiker soos wanneer mens dit sou drink.
Braai hoender in braai pan in olyfolie. Titseltjie pienk sout oor. Braai die stukkies tot amper gaar. Voeg koffie by die hoender en laat kook tot dit lekker “sticky” begin raak sonder die deksel.
So maklik en regtig vrek lekker.
Kan warm of koud geëet word, maar dit is heerlik.

Resep en foto: Lynette de Beer

Vir kleiner hoeveelheid hoender gebruik die volgende:
Vir hierdie resep gaan al die eer aan Lynette de Beer, sy het die resep vir my gegee en ek moet eerlik sê ek was bietjie skepties. Maar sy maak heerlike kos so ek het haar geglo en besluit om dit vannaand te maak…en ek is so bly ek het! 4 bestanddele wat die mees ongelooflike gereg maak-keto Hong Kong chicken. As jy nie keto is nie, voeg net suiker ipv versoeter by. Maar jy sal nie spyt wees nie. Saam met geroomde spinasie en skorsie met spek en kaas vannaand…so lekker!

  • Keto/Lae kaloriee hoender
  • 4 groot hoenderdye
  • 15 ml olyfolie
  • sout en peper na smaak
  • 750 ml sterk koffie (ek het plunger koffie aangemaak)
  • 2 – 3 eetlepel versoeter (suiker/xylitol/erythritol/allulose na smaak)
  • 3 eetlepels room

Metode soos bo.
2de foto: Ilze Jacobs

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page