Your Recipe Blog

SANDRA SE PIESANGBROOD 

Avatar photo
Recipe by
Cook: 50 - 60 minute | Servings: 1 broodjie

SANDRA SE PIESANGBROOD 

  • 125 ml sagte botter
  • 375 ml suiker
  • 2 ekstra-groot eiers
  • 500 ml koekmeel
  • 10 ml bakpoeier
  • 2 ml sout
  • 2 ryp piesangs
  • 5 ml vanilla geursel
  • 1 koppie fyn gerasperde wortels

Voorverhit oond tot 160 °C en smeer broodpan met botter of bespuit dit.
Verroom botter en suiker vir vyf minute. Voeg die eiers een-vir-een by, terwyl goed geklits word.
Sif droë bestanddele saam en voeg by die bottermengsel.
Druk die piesangs fyn en roer die piesangmoes, vanilla geursel en fyn wortels by.
Meng goed deur en giet in pan.
Bak vir 50 – 60 minute of tot gaar, belangrik moenie uithaal voor heeltemal gaar toets.
Laat staan vir vyf minute voor jy dit uitkeer.

Resep en foto: Sandra Schreuder-de Klerk

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5