SAMPIOENSOUS
Heerlik saam ‘n geroosterde sirlion steak, soet mint ertjies en botter gebraaide aartappelblokkies.
- 1 pakkie sampioene, van keuse
- 2 hoogvol eetlepel botter
- 2 hoogvol eetlepels koekmeel
- ½ pakkie sampioen roomsoppoeier
- 2 – 3 koppies volroom melk (hang af van dikte van sous)
- ½ koppie room, opsioneel
- gerasperde kaas of roomkaas, opsioneel
- sout en swartpeper, na smaak
Sny sampioene en braai in botter.
Meng die pakkie sampioen roomsoppoeier en koekmeel met 2 koppies melk en voeg by die sampioene, roer deeglik deur.
Roer op stadige hitte tot die sous kook, pas die melkaan indien die sous te dik is, voeg nog melk by, of ‘n ½ koppie room, indien verkies.
Indien verkies kan kaas by gevoeg word, ek het smeerkaas bygevoeg na smaak.
Voeg sout en varsgemaalde swartpepper by na smaak, roer en laat net deurkook.
Resep en foto: Alta van Dyk