SAMPIOENE OP DIE VUUR
Ek het vir gistraant hierdie “oudurfie” gemaak en was dit nou nie djeeerlik nie.
- groot bruin sampioene
- gesmoorde uie
- gebraaide spek, wat gekerf is
- gerasperde Cheddar kaas
Vul die sampioene eers met ‘n lagie gesmoorde ui, dan met ‘n lagie spek en eindig met ‘n lagie gerasperde kaas.
Braai die sampioene in die rooster op stadige kole, totdat dit lekker deur warm is en die kaas gesmelt is, ongeveer ‘n halfuur.
Foto 2 nota:
Het die resep gewysig en gesmoorde groen soetrissie bygevoeg en bloukaas in plaas van Cheddar kaas bo op die sampioene geplaas. Het die sampioene in my varkie oond op die braai vir 15 – 20 minute by 180ºC gebak. Garneer met ‘n groenigheid en geniet die heerlike sappige happie.
Resep en fotos: Gideon Louw