Your Recipe Blog

SAMPIOEN EN GRASUIE SOP

SAMPIOEN EN GRASUIE SOP

Vinnige middagete vir ‘n baie koue reendag.

  • 500 g sampioene, in stukkies gesny
  • 20 ml olie
  • 80 g botter
  • ½ koppie koekmeel
  • 2 bees ekstrakblokkies
  • 15 ml droë grasuie
  • 1 liter kookwater
  • 400 ml melk
  • 10 ml Worcestersous
  • 10 ml donker sojasous
  • 50 ml room
  • 5 ml asyn/suurlemoensap

Verhit olie en botter in ‘n pot.  Braai sampioene tot ligbruin.  Roer meel by.
Voeg die res van die bestanddele by (behalwe room en asyn), bring tot kookpunt en prut vir 5 min.
Maak fyn met ‘n “stick blender” (maar los ‘n paar stukkies), voeg sout, peper en room na smaak by.
Roer asyn deur net voor opdiening.

Resep geplaas deur Ilze Garbers Jacobs
Foto:  Ilse Garbers Jacobs

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5