SALOTMARMELADE
My palet is nog nie so ontwikkel dat ek die verskil kan proe nie. Ek het so een of twee hamburgers geëet met die marmelade en toe begin om dit op my kaastoebroodjie te eet. Sal seker heel lekker saam met ‘n kaasbord ook wees?
Ek het ook die resep verdubbel – dit is ‘n handige geskenk. En ek weet mos nou hoe om botteljies mooi skoon te kry.
- 1 kg uie, in blokkies gekap
- 1 rooi brandrissie, fyn gekap
- ½ koppie bruinsuiker
- 3 eetlepels Balsamiese asyn
- 1 teelepel seesout
- ½ teelepel swartpeper, grof gemaal
- ½ teelepel neutmuskaat
- ¼ teelepel fyn gemmer
- 1 kaneelstokkie
- 1 koppie koppie gedroogde bosbessies (cranberries)
- 2 lemoene, in blokkies gesny
- ¾ koppie water
Verhit bestanddele in kastrol.
Plaas deksel gedeeltelik op en laat prut oor lae hitte vir 2 ure.
Laat afkoel.
Skep in lugdigte houer of potjie en plaas in yskas.
Resep en foto: Tosca De Villiers