Your Recipe Blog

SALMSOP UIT FINLAND

SALMSOP UIT FINLAND

  • 1 ui, opgekap
  • 4 – 5 aartappels, geskil en opgesny in blokkies
  • 3 – 4 wortels, geskil en opgesny
  • 1,25 liter vis aftreksel
  • 1 – 2 kg salm, in blokkies gesny
  • 100 – 200 ml room
  • 1 koppie dill
  • sout en peper

Braai die ui in botter vir ‘n paar minute.
Voeg die aartappels en wortels by en gooi water tot net bedek.
Laat die aartappels en wortels tot sag kook.
Voeg die salm by en laat kook tot die vis ‘n ligte pienk kleur raak.
Dit vat so 5 minute.
Voeg die room, vis aftreksel en dill by en laat prut vir omtrent 10 – 15 minute.
Voeg sout en peper by soos jy verkies.

Nota:
Die sop is baie lekker om dadelik te eet, maar soos enige ander sop proe dit altyd beter die volgende dag.

Resep en foto: Nadia Thölix

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page