SALM EN FILO QUICHE
- 4 Filo deegvelle
- 3 heel grasuie, gekap
- 3 eiers
- 175 ml room
- Feta kaas, verkrummel (hoeveelheid na smaak)
- 4 plakkies gerookte salm, in stukkies gesny
- 4-6 vars aspersies, geblanseer en in stukkies gesny
- sout en vars swart pepper, na smaak
Klits die eiers en room saam. Voeg die ander bestanddele by behalwe die filo deeg.
Op jou werkblad neem 1 vel filo en smeer dit met gesmelte botter.
Plaas die volgende laag deeg op en smeer weer met botter, herhaal tot al 4 velle opmekaar is en eindig met botter.
Sny die deeg in 12 ewe groot vierkante. Sit elke deeg vierkant in ‘n kolwyntjie pan en skep die vulsel in.
Bak so 20 min teen 180ºC of tot mooi bruin en die vulsel gestol het.
Geniet warm of koud.
Foto en Resep: Ilona Turner