Your Recipe Blog

SAGTE FUDGE

SAGTE FUDGE

Die fudge het sag en lig uitgekom. So bly om te lees dat die gunsteling is. Vorige baksel op nr 4 gekook en was vinnig donker in korter tyd. Nou op nr 3 gekook en dis die resultaat. Aanhouer wen. Groot resep dit is genoeg vir ‘n rolkoekpan.

  • 4 koppies suiker
  • 1 blik kondensmelk
  • 1 koppie melk
  • 2 eetlepels goue stroop
  • 200 ml botter
  • 5 ml vanilla geursel

Plaas alles behalwe die vanilla in ‘n dikboom kastrol op lae hitte en kook tot suiker opgelos is. Laat kook op medium hitte vir  25 min en roer aanhoudend. Voeg die vanilla by. Haal van die stoof af.
Klop 7 min met ‘n klitser.
Keer uit in voorbereide pan, koel af en sny blokkies.
Laat heeltemal afkoel en verpak in ‘n lugdigte houer.

Resep en foto: Marlene Kotze Karsten
2de foto: Annette Hattingh Scheepers – die pan op die foto is 32 x 18 cm

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page