Your Recipe Blog

RYSPAPIER VERSIERING

RYSPAPIER VERSIERING

  • ryspapier (die wat gebruik word vir springrolls), in kwarte gesny (of hou heel eie keuse)
  • water vir week van papier
  • koekkleursel
  • waspapier
Week papier vir ‘n oomblik in water, gebruik kwassie of sommer skoon vingers en verf die papier.
Werk versigtig papier is baie sag en skeer maklik.
Drapeer oor waspapier en laat oornag droog word.
Dit word hard en is ten volle eetbaar.
Ek het dit saam Karamel mousse voorgesit.
Dink vol velle papier gaan mooi werk op ‘n groot koek.
Selfs wit los en ogies op teken met eetbare pen vir spoke op ‘n koek.
Resep en foto: Suenell Liebenberg

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page