RUGBY MARMITE TERT
Selfgebak! Ruik bevange lekker 🙂 Heerlik!! Bak genoeg een is nooit genoeg nie.
- 1½ koppie koekmeel
- 2 eiers
- 1 koppie melk
- knippie sout
- 1 koppie suiker
- 3 eetlepels botter
- 2 teelepels bakpoeier
Verhit die oond 180ºC.
Verroom botter en suiker en voeg eiers een vir een by.
Sif droë bestanddele saam.
Voeg melk en droë bestanddele om die beurt by die eiermengsel.
Smeer ‘n lang Pyrex bak en plaas deeg in.
Bak vir 30 – 45 min of tot gaar.
Wanneer gaar, steek gaatjies in en giet die volgende sous oor:
- Smelt saam in mikrogolf:
- ½ koppie botter
- 2 teelepels Marmite
Rasper ‘n lagie cheddar kaas oor en verhit weer tot gesmelt.
Nota:
Hou maar dop net oor halfuur toets vir gaarheid.
Foto en resep: Edna Liebenberg Willemse
good tart