Your Recipe Blog

“ROTISSERIE” HOENDER

Recipe by
| Servings: 6 porsies

“ROTISSERIE” HOENDER

Ek het vandag ‘n “rotisserie” hoender probeer. Die naam dui aan dat die hoender in die rondte draai, maar die hoendertjie lê plat in die waaieroond. Die wonder van die waaier is hier in aksie!

  • 1 heel hoender, ongeveer 1½ kg of groter
  • gerookte paprika
  • gegeurde sout van jou eie keuse (of vervang beide speserye met jou eie keuse van speserye)
  • 1 koppie water
  • klein aartappeltjies, hoeveelheid na jou eie keuse

Was en droog heel hoender en klad droog.
Vryf die hoender met bietjie gerookte paprika en gegeurde sout (of jou eie gunsteling speserye).
Plaas op ‘n rakkie in ‘n oondpan en voeg een koppie water in oondpan.
Ek het paar klein aartappeltjies onder in pan gesit.
Bak hoender op 200 °C vir ongeveer 75 minute vir ‘n 1½ kilogram hoender.
Verwyder uit oond en laat rus vir so 20 minute voor bediening.

Resep en foto: Louise Groenewald

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page