ROOSTERKOEK MET VULSEL
- 2 koppies bruismeel
- 1 koppie volroom gewone jogurt
- knippie sout
- Ektra per roosterkoek:
- 2 blokkies kaas
- 1 teelepel Bovril
Knie die eerste drie bestanddele saam vir ongeveer 8 minute om ‘n lekker elastiese deeg te kry.
As dit te klewerig is, voeg bietjie bruismeel by.
Deel die deeg op in porsies, druk lekker plat en vorm ‘n holte.
Plaas die kaas en Bovril op elke roosterkoek in die holte.
Vou toe en maak seker dit seël goed.
Braai op medium kole, draai gereeld tot gaar.
They are so so so tasty!!!
Resep en foto: Dalila De Barros Viljoen
Foto 2 en nota: Elsabie Templeton – ek het hierdie roosterkoekresep gemaak en die deeg eers vir 15 minute laat rus voor ek dit opgedeel het in porsies.
Daarna die porsies deeg vir nog 30 minute laat rys tussen 2 vadoeke wat met meel bestrooi is. Ek het die roosterkoeke op ‘n rooster wat met foelie bedek is oor medium kole gebraai tot gaar en daarna verder direk op die rooster sonder die foelie oor die kole verbruin.