ROOSMARYN EN APPELKOOSBOTTER GEBAKTE SNOEK
- 1 snoek (± 1kg)
- 30 ml suurlemoensap
- sout en varsgemaalde swartpeper
- 15 ml vars roosmarynblaartjies, fyngekap
- 1 knoffelvingertjie, fyngedruk
- 30 g appelkooskonfyt
- 2.5 ml vars gemmer, fyngekap
- 80 g botter, saggemaak
Voorverhit die oond tot 180 °C op rooster en bak.
Voer ‘n oondbak wat groot genoeg is om die vis te hou met bakpapier uit.
Verf die velkant met olyfolie en plaas die vis, velkant na onder, in die oondbak.
Druk die suurlemoensap op die vleis uit en geur met ‘n bietjie sout en peper.
Plaas die roosmaryn, knoffel, appelkooskonfyt, gemmer en botter in ‘n mengbak en klits goed saam.
Smeer die appelkoosbotter egalig op en plaas die vis in die oond.
Bak vir 25 minute of tot ondeursigtig en gaar.
Resep en foto: Johan Rossouw












