ROOMYSMAKER RESEP MET TWEE VARIASIES
Vanoggend het ek gevra vir ‘n roomysresep wat ek in die roomysmaker kan maak. Eerstens, baie dankie vir almal wat gehelp het. Julle is supersterre! Ek het sommer 2 x 1 liter bakkies gemaak. 1 oreo cookie-roomys en 1 karamelroomys 😋. Ek het ‘n hele paar reseppies bekyk en almal is amper dieselfde; so ek het my eie gemaak en dit is maklik en yummy. ENJOY.”
- Oreokoekie-roomys
- 1 blikkie kondensmelk
- 500 ml room
- 1 pakkie Oreokoekies, in klein stukkies gebreek
- Karamelroomys
- 1 blikkie karamel
- 500 ml room
- sjokoladevlokkies (choc-chips), na smaak
Oreokoekie-roomys
Vries roomysmaker bakkie oornag.
Plaas blikkie kondensmelk in yskas (sowat ‘n uur).
Klop room tot ligte pieke vorm.
Vou koue kondensmelk stadig in.
Kry bakkie uit vrieskas en skakel masjien aan. Terwyl dit roer, voeg roommengsel in.
Laat masjien roer vir so 30 – 40 minute tot mengsel dik raak.
Voeg gebreekte oreokoekies in mengsel en hou masjien aan vir so twee minute.
Skep in vriesbakkies en plaas in vrieskas vir sowat twee ure.
Karamelroomys
Vries roomysmaker bakkie oornag.
Plaas blikkie karamel in yskas (sowat ‘n uur).
Klop room tot ligte pieke vorm.
Vou karamel stadig in.
Kry bakkie uit vrieskas en skakel masjien aan. Terwyl dit roer, voeg roommengsel in.
Laat masjien roer vir so 30 – 40 minute tot mengsel dik raak.
Voeg sjokoladevlokkies in mengsel en hou masjien aan vir so twee minute.
Skep in vriesbakkies en plaas in vrieskas vir sowat vier ure.
Nota:
Resep 2 was ‘n bietjie meer loperig voor vries; so het langer geneem om te vries.
Resep en fotos: Madelein Brinklow.