Your Recipe Blog

ROOMKAAS EN SALM DOOPSOUS

ROOMKAAS EN SALM DOOPSOUS

  • 250 g roomkaas (Ek gebruik die smeerbare een, maar as jy dit nie het nie laat roomkaas tot kamertemperatuur kom om maklik mee te werk )
  • 150 g gerookte salm
  •  ½ suurlemoen se sap
  • 2 gehoopte eetlepels kapers, fyn gekap
  • 1 teelepel Worcestershire sous
  • 1 teelepel soya sous
  • sout en peper na smaak

Gebruik vurk en meng roomkaas tot sag.
Voeg die gevlokte salm by en meng bietjie.
Sit res van bestanddele by behalwe sout en peper en meng goed.
Geur met sout en peper na smaak.

Nota:
Ons hou van bietjie meer suurlemoen, so ek gooi nog so bietjie sap by.
Dit kan gemaak word ‘n dag voor die tyd of 5 min voor mense kom, maar as dit staan raak dit bietjie lekkerder vir my.

Foto: Elizna Willemse Tinone
2de foto:  Rachelle Reyneke

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published.

*

1 2 3 4 5