Your Recipe Blog

ROOM OLIEBOLLE (CREAM DOUGHNUTS)

ROOM OLIEBOLLE (CREAM DOUGHNUTS)

  • 2 koppies bruismeel
  • 1½ koppies gewone, ongegeurde jogurt
  • Vulsel:
  • karamel
  • styfgeklopte vars room
  • Ekstra:
  • olie vir diep braai

Plaas mediumgrootte pot op stoofplaat op medium tot hoë hitte om lekker warm te word. Smeer ’n oppervlak goed met kookolie. Meng bruismeel en jogurt deur met lepel en knie liggies af.
Deeg voel klewerig; so druk jou hande op oliebesmeerde oppervlak. Dit maak deeg hanteerbaar. Moenie meel gebruik nie.
Deel deeg in twee. Rol elke helfte met jou hande in ‘n rol en sny deur in lengte. Sny elke rolletjie in ses stukkies en rol elke stukkie deeg in die vorm van n worsie.
Plaas in warm olie en bak tot goudbruin aan beide kante.
Plaas in ‘n bord op handdoekpapier wanneer klaar gebak.
Laat heeltemal afkoel voordat jy vulsel insit. Wanneer afgekoel is, sny in helfte halfpad deur.
Vul met styfgeklopte room en plaas stukkies karamel bo-op.
Jy kan appelkooskonfyt gebruik as jy nie karamel het nie.
As jy ‘n soettand is soos ek, smeer rolletjie eers met karamel en sit dan room in.
Heeerlik!

Resep en foto: Kitty Potgieter

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page