ROOKWORS- EN BOONTJIEBREDIE
‘n Vinninge rookwors en boontjiebredie met knoffelbrood… heerlik op ‘n koue wintersaand.
- olie vir vlakbraai
- 1 ui, gekap
- 1 rooi pepper, gekap
- 2 knoffelhuisies, fyn gekap
- 500 g gerookte wors/kaaswors/Russians, in skywe gesny
- 1 blik gekapte tamaties
- 2 blikke gemenge bone/kekkerertjies
- 2 teelepels paprika
- 1 teelepel gekapte roosmaryn
- 1 teelepel suiker
- sout en peper na smaak
- 1 ½ eetlepel roomkaas
Braai ui, pepper en knoffel in olie tot deurskynend. Voeg wors by, en braai nog 5 minute.
Voeg die tamaties, bone en geurmiddels by en prut oor ‘n lae hitte vir 15 – 20 minute.
Roer roomkaas deur tot heeltemal gesmelt.
Bedien saam met knoffelbrood en spinasieslaai.
Resep en foto: Ilze Jacobs