ROOIHOENDER
- 8 – 9 hoenderstukke
- 1 ui, in skywe gesny
- Sous:
- ½ koppie tamatiesous
- ½ koppie blatjang
- ¼ koppie Worcestershire sous
- 1 opgehoopte eetlepel bruinuie soppoeier
- 3 eetlepels suiker
Stel oond op 180°C.
Pak hoender in oondskottel en sit uie bo-op.
Meng sous en smeer dik mengsel oor hoender.
Bedek skottel en bak 1 uur lank.
Ek het gegeurde rys gemaak:
- gaar rys
- 1 ui, opgekap
- ½ groen soetrissie, opgekap
- 1 gerasperde wortel
Verhit bietjie olie en braai uie, soetrissie en wortels saam tot sag.
Voeg bietjie hoenderspeserye by en meng met gaar rys.
Bedien saam met gaar hoender.
Resep geplaas deur Marie Dumas Jennings
Foto: Marie Dumas Jennings