ROOIHOENDER GEMAAK MET TAMATIEPUREE
- 8 hoenderporsies
- olie
- gegeurde koekmeel
- 115 g tamatiepuree
- 60 ml bruinasyn
- 15 ml tamatiesous
- 2 uie, fyn gekap
- 40 ml suiker
- 125 ml water
- 60 ml Worcestersous
- 15 ml botter of margarien
- sout en peper na smaak
Stel oond op 180°C. Rol die hoender in gegeurde meel, skud af en braai in olie tot bruin.
Skep die hoender uit in ‘n oondbak. Braai uie in dieselfde pan tot geurig.
Skep die uie oor die hoender. Meng die res van die bestanddele goed en giet oor die hoender.
Bedek met foelie en bak ongeveer 45 min tot gaar. Haal foelie af en bak nog 15 lank tot goudbruin.
Resep en foto: Amanda Austen