Your Recipe Blog

ROOIBOS GEMMERBIER

Avatar photo
Recipe by
Prep: 12 - 24 uur | | Servings: 7 liter

ROOIBOS GEMMERBIER

Wat is ’n basaartafel of piekniekmandjie sonder ’n bottel yskoue gemmerbier?

  • 3 liter sterk rooibostee
  • 15 ml (10 g of 1 pakkie) kitsgis
  • 800 g (4 x 250 ml) witsuiker
  • 3 liter koue water
  • 30 ml fyn gemmer
  • 250 ml rosyne
  • 5 ml kremetart

Meng ’n bietjie rooibostee met die kitsgis en roer totdat dit opgelos het.
Voeg die suiker by die res van die rooibostee en roer totdat dit ook opgelos het.
Voeg die koue water en gemmer by, asook die rosyne en kremetart.
Bedek die mengsel met ’n klam moeseliendoek en laat dit vir 12 – 24 uur staan of totdat die rosyne bo dryf en die mengsel begin gis.
Syg die gemmerbier deur ’n skoon moeseliendoek en bottel dit.
Hou die bottels in die yskas.

Foto: Jacqueline Holker

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page