ROOI UIE EN PIENK PEPERKORREL MARMELADE
- 1 kg rooi uie, in helfte gesny en dan in halwe ringetjies gesny
- 200 g marmelade (ek het ‘n bottel lemoen en rooibostee marmelade in die yskas gehad)
- 300 ml rooiwyn (as dit nie goed genoeg is om te drink nie is dit nie goed genoeg vir die kos nie)
- 100 ml rooiwyn asyn (ek het net druiwe asyn gehad en dit werk)
- 3 teelepels heel korrel mosterd (of net die korreltjies soos ek gebruik)
- 30 ml bruin suiker
- ½ koppie sultanas of bosbessies, opsioneel
- 25 ml olyf olie vir braai
- enigiets soos groot knippie gedroogde rissie vlokkies (of vars), peperkorrels ens, opsioneel en na smaak
Braai die uie in die olyf olie tot deurskynend, voeg die sultanas, bosbessies, peperkorrels, suiker, rissies, mosterd by en prut stadig totdat die suiker opgelos het (so 10min).
Voeg die wyn en asynmengsel by en prut totdat die uie sag en die sultanas/bosbessies uitgeswel is.
Skep alles uit met ‘n gaatjie lepel en los die vloeistof in die pot.
Voeg die marmelade by en prut totdat die sous lekker dik is.
Laat afkoel en skep die rooi uiemengsel terug in die pot.
Meng goed en skep in gesteriliseerde glas bottels en seël.
Bêre in die yskas en probeer om nie oop te maak vir ten minste ‘n week sodat die geure en smake goed kan kombineer.
Nota:
Heerlik saam met rooi vleis en veral op toebroodjies met pastrami en ham, lekker skerp kaas en roket.
Genoeg vir so 2 x half liter botteltjies.
Resep en Foto: Elsabie Templeton