Your Recipe Blog

ROMERIGE SAMPIOENHOENDERPASTA

Recipe by
| Servings: 2-4

ROMERIGE SAMPIOENHOENDERPASTA

  • 250 g pasta
  • 20 ml olie
  • 120 ml margarien of botter
  • 250 g sampioene, opgesny
  • 1 ui, gekerf
  • 500 g hoenderfillette
  • 50 ml gegeurde koekmeel (geur met speserye en kruie van jou keuse)
  • 50 ml koekmeel
  • 450 ml melk
  • 250 ml room
  • sout en peper na smaak
  • knippie neutmuskaat
  • varsgekapte pietersielie

Kook die pasta tot gaar. (Voeg die olie by die pastawater)
Dreineer en hou eenkant.
Smelt 20 ml van die margarien en braai die uie daarin tot glasig.
Voeg die sampioene by en braai tot gaar. Geur met sout en peper en hou dit eenkant.
Sny die hoender in repies en skud in gegeurde koekmeel.
Verhit 50 ml margarien en braai die hoender tot bruin en gaar. Hou eenkant.
Berei die witsous.
Verhit 50 ml margarien in ‘n klein potjie tot gesmelt.
Voeg die koekmeel by en roer oor medium hitte. (Ek gebruik ‘n draad klitser om klonte te verhoed)
Voeg die melk by, roer aanhoudend en bring tot kookpunt.
Laat prut vir ongeveer 2 minute en roer aanhoudend tot dik en glad.
Voeg die room asook die sout, peper en neutmuskaat by.
Voeg die witsous, sampioene en hoender by die pasta en meng deur.
Strooi bietjie varsgekapte pietersielie oor en meng liggies deur.

Resep en foto: Amanda Austen

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page