Your Recipe Blog

ROMERIGE MASCARPONE PASTA

ROMERIGE MARSCAPONE PASTA

  • 250 g lang pasta (Bucatini, Linguni)
  • 1 bakkie roomkaas
  • 1 bakkie mascarpone
  • 250 g spek in stukkies
  • sampioene, opsioneel
  • parmesan kaas vir bediening

Maak pasta gaar in ‘n pot soos per die instruksies op die verpakking.
In ‘n braaipan, braai die spek tot dit gaar is en effe vasbrand aan die pan.  Sit gaar spek eenkant.
As jy sampioene wil gebruik, braai dit in dieselfde pan en sit eenkant.
Dreineer die gaar pasta.
Smelt die roomkaas en mascarpone in dieselfde pan waarin die spek en sampioene gebraai is.
Sodra alles gesmelt is, voeg die pasta en spek (en sampioene) by en roer saam.
Bedien en strooi parmesan kaas oor.

Nota:
Ek het die nuwe Bucatini gebruik in die foto.

Resep en foto: Arina Van Tonder

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page