Your Recipe Blog

ROMERIGE GROENTESOP IN DIE STOOMPOT

Recipe by
Cook: 1 uur | Servings: 8 - 10 porsies

ROMERIGE GROENTESOP IN DIE STOOMPOT

  • 6 wortels
  • 4 rape
  • 2 uie
  • 2 aartappels
  • 6 preie (French leeks)
  • 6 seldery stokkies met blare
  • 1 handvol vars pietersielie
  • 4 stukke sopvleis (shin)
  • 3 hoender aftrekselblokkies
  • 2 groente aftrekselblokkies
  • 3 liter kook water
  • 250 ml room
  • sout en peper

Was en sny al die groente op in 1 tot 2 cm grootte blokkies of kwarte.
Plaas die aftrekselblokkies in die kookwater in ‘n stoompot en verhit tot kookpunt.
Voeg die groente en die vleis in die stoompot met die water en aftreksel, plaas die deksel op en stoom vir 1 uur.
Verwyder die pot van die hitte en wanneer dit veilig is om die deksel af te haal, verwyder al die gestoomde groente en vleis uit die pot in ‘n aparte bak.
Verwyder die bene van die vleis en plaas die mengsel in ‘n voedselverwerker en maak dit fyn.
(Indien verkies kan die bestanddele met ‘n aartappeldrukker fyner gedruk word in die pot sonder om dit uit die pot te skep.)
Voeg die fyngemaakte mengsel weer terug in die sous wat in die pot agter gebly het en meng deur.
Voeg die room, sout en peper na smaak by.
Bedien die sop saam met ‘n lekker warm ciabatta broodjie.

Resep en fotos: Marilise Peyper Pitzer

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page