ROMERIGE GROENBOONTJIESOP
- 1 groot ui, gekap
- 2 huisies knoffel, fyngekap
- 60 ml botter
- 750 ml hoenderaftreksel
- 1 kg groenboontjies, in stukkies gesny
- 3 medium aartappels, geskil en in blokkies gesny
- 125 ml room
- 1 pakkie Knorr “garlic and bacon potato bake”
- 250 ml melk
- 1 teelepel suurlemoensap
- 2,5 ml gedroogte Taragon
- knypie peper
Braai ui en knoffel in botter tot sag.
Voeg die boontjies en aartappels by en voeg die hoenderaftreksel by.
Kook tot boontjies en aartappels sag genoeg is.
Haal van die hitte af en puree die mengsel tot glad.
Maak die “potato bake” met melk aan en voeg by die boontjiemengsel.
Geur met Taragon, suurlemoensap en peper.
Verhit effens. Bedien met bietjie room en bietjie gerasperde kaas.
Indien verkies kan brosgebraaide spek ook bygevoeg word vir geur.
Bron en foto: Elsabé Barnard