ROMERIGE GEROOSTERDE TAMATIESOP MET BASILIEKRUID
Ek het die slegte (of dalk goeie) gewoonte om resepte te stoor op my foon se “notebook”. Ek flits toe nou maar gisteraan daar deur en kom op hierdie resep af – en besluit dit moet vandag gemaak word.
Nou moet ek by sê dat ek glad nie ‘n sop mens is nie, maar dat sekere soppe wel my aandag trek – soos tamatiesop…
Ek het geen idee waar ek hierdie resep gekry het nie, maar dit wys dat ek dit so 4 jaar terug gestoor het.
Dit is vreeslik lekker!!!
- 1,2 kg Roma tamaties, in die lengte gehalveer 600 g kersie tamaties, in die lengte gehalveer
- 8 heel knoffelhuisies, geskil en gekneus met die agterkant van ‘n mes
- 3 eetlepels olyfolie
- sout en varsgemaalde swartpeper
- 1 groot ui, in blokkies gesny
- 1 rooi soetrissie, in blokkies gesny
- 2 aartappels (200 g), in blokkies gesny
- 3 eetlepels tamatiepasta
- 4 koppies groente ekstrak (vegetable stock)
- 2 koppies vars basiliekruidblare, grof geskeur
Voorverhit oond tot 220°C.
Plaas die tamaties op ‘n bakplaat saam met die knoffelhuisies.
Sprinkel 2 eetlepels olyf olie oor die tamaties en knoffel en geur met sout en peper.
Rooster vir sowat 30 minute, of tot sag en op die skille baie donker amper swart maar nie gebrand.
Terwyl tamaties gerooster word, verhit 1 eetlepel olie in ‘n mediumgrootte pot/kastrol oor medium hoë hitte.
Voeg die ui, soetrissie en aartappel by. Braai tot die uie deursigtig is en die aartappels op hul buitekante begin hard (crispy) word (ongeveer 10 minute).
Roer gereeld sodat dit nie brand nie. Roer die tamatiepasta deur die aartappels en uie.
Voeg die groente ekstrak by en geur met ekstra sout. Bedek en bring tot kookpunt.
Verminder hitte tot laag en prut vir sowat 15 minute of tot aartappel net sag is wanneer dit met ‘n vurk getoets word. Voeg die tamaties, knoffel en basiliekruid by die sous (spaar 2 eetlepels basiliekruid om as garnering te gebruik indien jy dit verkies). Hou aan om te prut tot die basiliekruid sag is (so 2 minute). Verwerk sop met ‘n “stickblender” tot glad.
Opsioneel:
Giet die sop deur ‘n sif of kolander om enige velle en dik tamatie stukke te verwyder, vir ‘n gladde soep.
Sprinkel ekstra basiliekruid en gerasperde parmesan-kaas, en bedien met ‘n kaserige brood.
Resep en foto: Wayne Dugmore