Your Recipe Blog

ROMERIGE BOTTERSKORSIE SOP

ROMERIGE BOTTERSKORSIE SOP

Ek het gisteraand vir die eerste keer sop gekook en nogals butternut sop. Het na ‘n hele paar resepte gekyk en sommer die bestanddele gekombineer en dit het absoluut fantasties uitgekom.

  • 1,5 kg botterskorsie, opgesny
  • 2 hoenderaftreksel blokkies (of groente aftrekesel blokkies)
  • 500 ml room
  • 1 aartappel, dun gesny
  • 1 ui, fyn opgesny
  • 5 ml neutmuskaat
  • 7,5 ml kerriepoeier
  • 60 ml suiker
  • 500 ml water
  • 60 g botter
  • 80 ml koekmeel
  • sout en pepper, na smaak

Plaas die hoenderaftreksel blokkies, water, botterskorsie, aartappel, uie, kerriepoeier, neutmuskaat en suiker in ’n groot kastrol en bring tot kookpunt.
Verminder die hitte en laat prut tot die groente sag is.
Smelt intussen die botter in ’n kastrol oor matig lae hitte.
Strooi die meel oor die botter en roer tot die botter die meel geabsorbeer het.
Voeg room in terwyl jy vinnig roer tot dik en glad.
Geur met sout en peper en sit eenkant.
Verwerk die botterskorsie, aartappel en uie mengsel in ’n voedselverwerker tot ’n gladde puree.

Nota:
Ek het sommer my ‘smoothy maker’ gebruik om dit te puree, net so goed gewerk.
Skep dit in die groot kastrol terug saam met roomsous en roer goed.
Sit warm voor.

Geniet met ‘n warm ciabatta brood of Woolies se knotted rolls.

Resep en foto: Annelie van Zyl (Annelie Rautenbach)

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page