RISSIE HOENDER LEWERTJIES MET BLOMKOOL EN BROCOLLI KAPOKAARTAPPELS
- 500 g hoenderlewertjies
- 1 groot ui
- ½ green pepper
- 1 klein blikkie tamatie paste
- 1 koppie room
- 1 tot brandewyn (geheime bestanddeel)
- rissie na smaak
- knoffel na smaak
- sout en peper na smaak
Braai uie en green pepper saam (ek het klapper olie gebruik) tot sag, sit hoenderlewertjies by en braai tot bruin.
Gooi room, tamatie paste, brandewyn, rissies en knoffel by en prut vir so 30 minute.
BLOMOOL EN BROCOLLI KAPOKAARTAPPELS
- ½ koppie blomkool en broccoli elk
- 2 eetlepels room
- 1 eetlepel botter
- sout en peper na smaak
Kook blomkool en broccoli tot sag, gooi al die water af.
Voeg room, botter, sout en peper by, druk fyn en meng tot romerig.
Bedien saam met die hoenderlewertjies.
Foto en resep: Chireen Buitendag