RINIE SE SKAAPNEK KERRIE
My aandkossies was Rinie se skaapnek kerrie met vrugte.
- 1 skaapnek, opgesaag
- 1 tamatie, geskil en gekap
- 1 appel, geskil en gekap
- 310 g fyn pynappel
- 6 gesnipperde droë perske halwes, vooraf geweek
- 6 aartappels
- ½ koppie suiker
- ½ koppie sultanas
- 1 eetlepel borrie
- 1 eetlepel kerrie
- ½ pakkie beesstert soppoeier
Braai die vleis en uie, voeg aartappels by en kook tot sag met ‘n bietjie water.
Voeg die pynappel, tamatie, appel, perskes en sultanas by en kook vir ± nog ‘n uur.
Meng kerrie, borrie, suiker, sop en ‘n bietjie water en voeg by, laat prut vir ± 15 min.
Dien op saam rys en piesang of iets na jou smaak !
Nota: Rina Kleinhans
Ek het hierdie resep gemaak en dit is heerlik, hang af hoe groot jou aartappels is, kook eers jou vleis effens sag voor jy hulle bysit. Ek het groente ook bygesit en die suiker uitgelaat en die sap van die pynappels gebruik.
Resep: Rinie Louw
Foto: Gideon Louw